Die klub het tydens die geleentheid almal bedank wat die sukses van die klub moontlik gemaak het asook vir die ondersteuning van borge en belangstellendes.
Die hoogtepunt van die funksie was die aankondiging van die algehele wenners in elke klas.
Pierre Joubert, Francois du Toit en Burt van der Walt is aangewys as top drywers in onderskeidelik die extreme-klas, modifiseerde-klas en die standaard-klas.
Volledige uitslae as volg:
Extreme-klas: 4 Leon Fourie; 3 Arjan Wierenga; 2 Edrick Bruwer; 1 Pierre Joubert.
Modifiseerde-klas: 4 Dwayne Erasmus; 3 Attie de Klerk; 2 Zak Voster; 1 Francois du Toit.
Standaard-klas: 4 Johan Vogel; 3 Francois Dorfling; 2 Anton Meintjies; 1 Burt van der Walt.
Vir meer inligting oor die klub se aktiwiteite of om deel te neem kontak Attie de Klerk by 082 323 2339 of Edrick Bruwer by 072 764 9616.

Nellie de Klerk oorhandig hier die pryse aan Burt van der Walt.

Van links: Leon Fourie, Nellie de Klerk wat die pryse oorhandig het en Pierre Joubert.