KARATE NUUS - Die Raptors Graaff-Reinet het 8 en 9 Junie aan die EP Classics toernooi in Gqeberha deelgeneem en 51 medaljes verower.
Sowat 185 deelnemers uit 10 dojo-klubs van regoor die Oos-Kaap en George het deelgeneem.
Vier van Volkskool se Raptor-klublede het medaljes gewen:
- Darius Els - goud, silwer en brons
- Frederik Steynberg - goud en brons
- AJ Prinsloo - silwer en twee brons
- Arné Oosthuizen - silwer en brons
Volkskool se Raptors wat medaljes gewen het is agter van links Darius Els, Frederik Steynberg en Arné Oosthuizen. Voor is AJ Prinsloo.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’