GEORGE NETBALNUUS - Die aksie-netbalspan van Plastics for Africa het by die Mad Mix-toernooi in Kaapstad uitgeblink deur 'n silwermedalje in die eindstryd van die A-afdeling te verower.
Montaque Arena het hulle met 36-19 geklop om die toernooi, waaraan elf spanne deelgeneem het. te wen.
Plastics for Africa was aanvanklik in die B-afdeling geloot waar hulle al vyf hul wedstryde gewen het om bo-aan die puntelys te eindig met 54 punte.
Hiermee het hulle na die uitkloprondes deurgedring waar Plastics for Africa vir Paarl Arena in die halfeindstryd met 29-23 uitgeskakel het om na die eindstryd van die A-afdeling deur te dring.
Danie Groenewalt van Plastics for Africa is ná die eindstryd as die speler van die wedstryd aangewys.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'