GEORGE ROLBAL NUUS - Een van die Outeniqua-rolbalklub se gemengde driespelspanne is as wenners gekroon in die jaarlikse Personal Trust-borgdag wat by die klub aangebied is.
Die wenspan se lede was Greg Young, Anri Fick en John Dampier wat enduit die beste spel opgedis het. Die naaswenners was 'n span van Hartenbos met Ampie Greyling en Willem en Rina Theron as spanlede.
Die klub se twee bane wat tans in gebruik is, was gevul met spanne wat van oor die hele streek ingeskryf het. Die spelers het deurgaans hul beste tegnieke uitgehaal terwyl 'n sterk noordelike wind oor die baan gewaai en sake baie bemoeilik het.
Al die spanne is na afloop van spel op 'n smaaklike ete getrakteer wat deur die klublede self voorberei is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'