GEORGE ROLBALNUUS - Outcasts is steeds in die voorste posisie op die punteleer na die tweede ronde van die Relax Beds & Foam en Riaan de Wit Prokureurs-rolballiga vir sakespanne wat by die Outeniqua-rolbalklub aangebied word.
Die voorlopers het hierdie plek behou na 'n oorwinning oor Redberry Farm terwyl Boardware na die tweede plek opgeskuif het na 'n sege oor Talisman.
Die naaswenner van die vorige reeks, Supporters, beklee die derde plek nadat hulle een van die borgspanne, Relax Beds & Foam, geklop het.
Kommaweer Stoffeerders, die vorige reeks se kampioene, bevind hulself in die vierde plek na 'n sege oor Bowling Stones.
Die enkele punt wat die voorlopers in die eerste plek hou, is egter nie genoeg om hul voorsprong te waarborg nie en met 'n paar ervare spanne wat in hulle nekhare blaas, sal hulle vanaand (Donderdag) alles moontlik moet uithaal as hulle na die derde uit ses rondes steeds in die topposisie wil bly.
Die eerste nege spanne staan veral sterk in die kompetisie en mens kan verwag dat almal geestelik gereed is vir 'n kwaai aanslag.
Die wedstryde begin, soos gewoonlik, om 18:00 op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, en almal is welkom om die sosiale samesyn gratis by te woon. Die klub stel ligte etes beskikbaar sowel as 'n kontantkroeg.
Uitslae:
1 Outcasts 26; 2 Boardware 25; 3 Supporters 23; 4 Kommaweer Stoffeerders 23; 5 Die Electric Unit 23; 6 Ballbarians 22; 7 Bushwackers 22; 8 Butz & Gutz 21; 9 Ma se Ganse 21; 10 Coastal Armature Winders 18; 11 Ricoh 18; 12 Divas 18; 13 KTV 17; 14 Relax Beds & Foam 17; 15 Bearing Warehouse 17; 16 Redberry Farm 16; 17 Biltong & Braai 16; 18 Talisman 15; 19 Bowling Stones 15; 20 4 Musketeers 15; 21 Accidental Bowlers 15; 22 Mend a Bath 15; 23 York Auto 15; 24 Finovo 14; 25 Boksombende 13; 26 3 Jacks & a Jill 13; 27 Smitties Nr Plates 11; 28 Moore Stevens 10; 29 Jack's Paint & Hardware 9; 30 Hot Shots 9; 31 Unibuild Bowlers 9; 32 Mac Dee Hops 9; 33 Boshoff Visser 8; 34 SP Legal 6.
Wedstrydlys:
Ricoh t Divas; KTV t Relax Beds & Foam; Baring Warehouse t Redberry Farm; Biltong & Braai t Talisman; Bowling Stones t 4 Musketeers; Accidental Bowlers t Mend a Bath; York Auto t Finovo; Boksombende t 3 Jacks & a Jill; Smitties Nr Plates t Moore Stevens; Jack's Paint & Hardware t Hot Shots; Nnibuild Bowlers t Mac Dee Hops; Boshoff Visser t SP Legal; Outcasts t Boardware; Supporters t Kommaweer Stoffeerders; Die Electric Unit t Ballbarians; Bushwackers t Butz & Gutz; Ma se Ganse t Coastal Armature Winders.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'