Met nog slegs twee rondes wedstryde oor wil dit voorkom asof dit nou amptelik neusie verby is vir die huidige kampioene, Kloppers, nadat hulle heeltemal onder die eerste tien spanne uitgeskuif is.
The Butcher Boys is ook een van die ou staatmakers wat nog nie regtig gedurende hierdie toernooi hulle voete kon vind nie.
Die Bushwhackers (South Cape Auto) het hul wedstryd teen die gesamentlike voorlopers van verlede week, Jumping Jacks (Absa), met 14-5 gewen.
Hulle is saam met die span van die amptelike borg, Brandhouse, die enigste twee onoorwonne spanne in die liga en sal mekaar vanaand (Donderdag) die stryd aansê.
Nog 'n oorwinning hier kan die titel vir die Bushwhackers verseël, alhoewel die span van Brandhouse dit nie sommer op 'n skinkbord vir hulle sal gee nie.
Jumping Jacks en Magic Moppers, in die derde en vierde posisies onderskeidelik, pak mekaar en die oorwinnaar hier het ook nog teoreties 'n kans om die titel.
Die stand van die eerste tien is (totale punte in hakies): 1 The Bushwhackers (49); 2 Brandhouse (45); 3 Jumping Jacks (43); 4 Magic Moppers (42); 5 Transporters (39); 6 Terry's Auto Clinic (37); 7 Deciballers (37); 8 Aces High (35); 9 Forever Memories (35); 10 The Butcher Boys (34).
Alle belangstellendes is welkom om die aand saam met die spanne by die bane van Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heather-
park te geniet. Die eerste balle word om 18:00 gerol en iets te ete en drinke is ook beskikbaar.

Nog 'n pryswenner, Konrad Postma, van Digifusion.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'