In 2006 het die OCC Suid-Afrikaanse kampioenskap status ontvang by SASAPD (Suid Afrikaanse Sportraad vir Persone met Gestremdhede). Gedurende dieselfde jaar het dit Internasionale status ontvang met die eerste deelnemers uit Europa, Skotland en Amerika. In 2012 was die OCC 'n kwalifiserings geleentheid vir die 2012 Paralimpiese spele.
Die inskrywingsvorms is versprei en is ook op die webwerf beskikbaar. Sewe groepe het reeds registreer asook 20 atlete van Zimbabwe, ten spyte van die trauma met OCC 2015 toe een van hulle atlete in 'n padongeluk in George gesterf het. Daar is 5 inskrywings vanaf Ghana, een van Duitsland en een vanaf Brittanje ontvang. Ernst van Dyk, die huidige rekordhouer in die 42.2km marathon sal volgende jaar aan sy 14de OCC deelneem en berei reeds voor om sy staande rekord te verbeter.
Die Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Charles Standers sê “met die aanbied van die OCC asook die GO GEORGE busdiens wat die eerste 100% universeel toeganklike openbare busdiens in Suid-Afrika is, staan George bekend as die mees gestremd-vriendelike stad in Suid-Afrika.”
Die Bestuurder van George-lughawe, Me Brenda Vorster, het trots bygevoeg dat “Airports Company South Africa 'n trotse ondersteuner van die OCC is en dat die OCC nogeens 'n voorbeeld is van die uitstekende vennootskap tussen die lughawe en George-munisipaliteit, tot voordeel van die hele gemeenskap.”
Vrywilliger-komiteelede word uitgenooi
George skud dus vere reg om gedurende Februarie volgende jaar weer tussen 2,000 en 3,000 OCC-besoekers met kenmerkende Suid-Kaapse gasvryheid te ontvang. Die kern van die reëlingskomitee is gefinaliseer en elke komiteelid gryp hul verantwoordelikhede met entoesiasme aan om voort te bou op die OCC suksesse van die verlede.
Volgens Ansie Swart, OCC Koördineerder, is die portefeuljes in die komitee herstruktureer om voorsiening te maak vir die veranderende uitdagings. Die uitdaging om hierdie byeenkoms te organiseer verg verantwoordelike en deurlopende insette aangesien die atlete geheel en al in die hande van die komitee is wanneer hulle in George aankom.
Sy is dankbaar vir die organisasies wat die afgelope drie jaar deel van die komitee vorm om 'n gladde byeenkoms te verseker. Die George-rotariërs werk saam om die atlete behoorlik te voed, studente en personeel van NMMU verseker dat die aankoms en registrasie op die oggend van die wedren ordelik verloop, terwyl die Eden Lions die roete bestuur om te verseker dat daar nie haakplekke ontstaan nie.
• “Venue” koördineerder,
• Logistieke- en Vervoerkoördineerder,
• BBP-koördineerder (Celebrity Coordinator).
“Organiseerders met sterk vermoëns op hierdie gebiede word hartlik uitgenooi om my te kontak sodat ons die moontlikhede vir betrokkenheid kan bespreek” het Ansie gesê. “Dit is belangrik vir die OCC asook George as geheel dat ons sterk mense tot die komitee byvoeg, wat die byeenkoms op ? nuwe peil kan help loods.”
Geleentheid vir plaaslike besighede
Die hoofborge George-lughawe en George-munisipaliteit ondersteun soos gebruiklik weer die OCC. Ander borge soos Lancewood, Mr Ice, Kempston Truck & Motor Group, Medihire, Millers en Safari Braai, Town Lodge en Garden Route Mall het hulself weereens verbind tot die sukses van die wedren. Millers prokureurs is weer die medaljeborg vir die 14 de jaar. Die begroting van vlak oor die R1 miljoen is byna volskryf.
Besigheidseienaars word deur die OCC uitgenooi om waterpunte, etes, toerusting, vervoer of verblyf te borg en sodoende hul name aan hierdie wedren met Internasionale status te koppel. Die wedren lok baie mediabelangstelling en was verlede jaar op verskeie radiostasies asook op TV uitgesaai.
Leen-rolstoele benodig
Baie atlete kom jaarliks per bus en benodig dan rolstoele om te gebruik in die 5 km pretloop wat in Yorkstraat plaasvind. Organisasies en individue word uitgenooi om rolstoele vir die doel aan die OCC te leen vir Saterdag 20 Februarie 2016. Die stoele sal voor en na die geleentheid nagesien word om te verseker dat dit in goeie toestand aan die eienaars terugbesorg word. Dit kan ook by die eienaars gekollekteer word.