GEORGE NUUS - Eden Nomads het tydens 'n spesiale byeenkoms die nuwe bestuur vir die komende jaar gekies en lede vereer vir hul bydraes en geesdrif.
Sandra Exsel is weer as president herkies met Barry Connellan as visepresident en Johan van Aswegen as junior visepresident. Margaret Burger is die sekretaris en Joyce Malan die tesourier met Sampie Bezuidenhout wat verantwoordelik is vir die stoor.
Die bykomende lede is Daphne Faber, Louis Prinsloo, Lorraine van Vollenstee en Cryselle Reis.
Nomads het ook hulde gebring aan Hennie Theron wat oorlede is en Danny Weekes het vir oulaas sy naamplaatjie permanent op die spesiale gedenkbord opgehang.
Vollie van Vollestee is as Nomad man van die jaar aangewys terwyl Lorraine van Vollestee as die Nomad vrou van die jaar bekroon is.
President Sandra Axsel het ook Dilene du Preez se Nomads Eden-lidmaatskapwapen aan haar oorhandig.
Die bekroonde lede van Nomads is Lorraine en Vollie van Vollenstee links wat hier met hul toekennings staan. Wim Vorster, wat die pryse oorhandig het, staan heel regs.
Die nuwe bestuurslede van Eden Nomads pas na hul verkiesing. Die lede is agter van links: Louis Prinsloo, Lorraine van Vollenstee, Sampie Bezuidenhout, Daphne Faber, Cryselle Reis en Johan van Aswegen. (junior Vise-president). Voor: Joyce Malan, Sandra Axsel, Barry Connellan, Margaret Burger.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'