GEORGE NUUS - Die Wêreldbeker netbaltoernooi vind wel in Kaapstad plaas maar George bly nie agter wat gees betref.
Verskeie mense is by die Rosemoor-sportstadion saamgetrek waar 'n ondersteunerspark vanmiddag in gebruik geneem word.
Inwoners sal elke dag die wedstryde op 'n groot tv-skerm kan volg.
Netbalspelers (Netbal-legends) in die streek wat al hul merk op netbalbane gemaak het is kort gelede aan aanwesiges bekend gestel.
Van die aanwesiges by vanmiddag se geleentheid. Foto: Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’