GEORGE ROLBALNUUS - Na 'n paar goeie oorwinnings is Kommaweer Stoffeerders die gunstelinge om vanaand (Donderdag) as kampioene uit die stryd te tree in die Relax Beds & Foam Somerliga vir besigheidspanne wat deur die Outeniqua-rolbalklub aangebied word.
Na hul oorwinning oor Accidental Bowlers in die voorlaaste reeks is die Stoffeerders nou met 58 los voor op die punteleer met ses ligapunte voor die naaste span, Bowling Stones, met 52. Maar maklik gaan dit nie wees nie.
Bowling Stones sal die byna onmoontlike moet vermag om 'n rekordoorwinning oor Kommaweer te behaal ten einde die topposisie in te neem.
Die ander spanne is reeds te ver agter en het feitlik geen hoop meer om die liga in die laaste wedstryde te wen nie.
Die wedstryde begin soos gewoonlik om 18:00 op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, en alle belangstellendes is welkom om dit gratis by te woon.
Die prysuitdeling behoort teen net na 20:00 plaas te vind. Al die spelers gaan met 'n gratis biefstukete vergas word terwyl plaaslike kunstenaars vir die vermaak gaan sorg. Nie-spelers kan ook biefstuketes teen R100 per ete bestel en saam smul, maar moet dit so vroeg as moontlik doen.
Intussen is die beplanning vir die volgende reeks, wat binnekort begin, reeds ver gevorder en die meeste spanne het te kenne gegee dat hulle weer in aksie gaan wees. Voornemende borge wat by die skouspel betrokke wil raak kan nou reeds by die klub navraag doen.
Uitslae:
1 Kommaweer Stoffeerders 58; 2 Bowling Stones 52; 3 Accidental Bowlers 50; 4 Jack's Paint & Hardware 49; 5 Supporters 49; 6 Spares Squad 48; 7 Mend a Bath 47; 8 Halfway Toyota Butz & Gutz 46; 9 Kirsten & Tulleken Vervoer 45; 10 Ricoh 44; 11 Supa Rollers 42; 12 Coastal Armature Winders 42; 13 Biltong & Braai 41; 14 Talisman 40; 15 Vorster Motors 40; 16 Relax Beds & Foam 39; 17 JB Motors 38; 18 Magic Rollers 36; 19 Amec 35; 20 Total Gaz 35; 21 Just Property 34; 22 Bushwackers 33; 23 Hot Shots 33; 24 Kruger Internasionaal 32; 25 Roes 32; 26 Crocs 31; 27 Orange Apples 28; 28 Unibuild Bowlers 21.
Wedstrydlys:
Supa Rollers t Coastal Armature Winders; Biltong & Braai t Talisman; Vorster Motors t Relax Beds & Foam; JB Motors t Magic Rollers; Amec t Total Gaz; Just Property t Bushwackers; Hot Shots t Kruger Internasionaal; Roes t Crocs; Orange Apples t Unibuild Bowlers; Kommaweer Stoffeerders t Bowling Stones; Accidental Bowlers t Jack's Paint & Hardware; Supporters t Spares Squad; Mend a Bath t Highway Toyota Butz & Gutz; KTV t Ricoh.
Die stand van spanne is druk onder bespreking terwyl daar foto's geneem word van die uitslae op die bord. Foto: Jannie Meyer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'