GEORGE NUUS - Besoekers aan die Garden Route Mall kan eerskomende Sondag, 19 Junie, teen lede van die George-skaakklub ‘n potjie skaak kom speel.
Die klub gaan ‘n stalletjie in die restaurantarea hê en daar is groot pryse te wen wat goedgunstiglik deur winkels in die winkelsentrum geborg word.
En as jy nie kan skaak speel nie, kom kyk gerus waaroor dit gaan.
“Ons is baie opgewonde oor hierdie geleentheid om skaak aan die publiek voor te stel,” sê die voorsitter van die George-skaakklub, Lionel Campbell.
“Skaak is nie net ‘n goeie tydverdryf nie, maar leer mens ook takties dink en vooruit beplan. Dit is ook bekend dat skaak help om konsentrasievermoë te verbeter en kinders baat veral hierby.”
Emerique Harris konsentreer hard tydens sy spel teen Heinrich Punt.
Gesinne het saamgekom vir die dag en heerlik in die Wilderness Hotel se tuin ontspan terwyl die toernooi aan die gang was.
‘n Heerlike atmosfeer heers Donderdagaande by die klub, waar volwassenes en kinders saam skaak speel en by mekaar leer. Die klub het Saterdag 11 Junie ‘n baie suksesvolle toernooi by die Wilderness Hotel aangebied.
Volg die George-skaakklub se Facebook-blad, George Chess Club.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'