BOFBAL NUUS - Al ooit gewonder hoe dit voel om bofbal te speel? Saterdag 15 Oktober kry belangstellendes kans om dit eerstehands te ervaar.
Die Eden-bofbalfederasie bied dan 'n Bofbalfees vir juniors aan by die Pacaltsdorp-sportterrein.
Dit begin om 09:00 en hou aan tot 13:00. Toegang is gratis en mense wat dit wil bywoon, word gevra om 'n kampstoel en sambreel saam te bring vir 'n dag van pret.
Nadia Townshend, voorsitter van die Eden-bofbalfederasie, sê daar sal afrigters en spelers wees. Hulle sal die kinders leer oor die sport en hulle touwys maak om dit beter te verstaan.
Vir meer besonderhede kontak haar by 072 534 9821.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'