BOFBAL NUUS - As jy meer wil weet van die tegniese aspekte van bofbal moet jy Saterdag 5 November by die Pacaltsdorp-sportterrein wees. Dit begin om 09:00 en aandag sal gegee word aan byvoorbeeld puntetelling, skeidsregters en afrigting.
Volgens die organiseerders word belanghebbendes van skole en klubs na die geleentheid genooi.
Dit kom teen die agtergrond van die onlangse suksesvolle aanbieding van die Eden-bofbalfederasie se pretdag. Luidens 'n verklaring van die organiseerders is die drie vermelde dissiplines absoluut belangrik vir die spel om tot sy reg te kom.
Mense wat belangstel om die geleentheid by te woon, word versoek om "lekker atleties" aan te trek.
Vir meer besonderhede kontak Nadia by 072 534 9821.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'