Errol van der Westhuizen, wat tans goed op dreef is en die Woensdag-kompetisie ook gebuit het, het as die wenner van die mans-afdeling uit die stryd getree. Sandra Homann was die vroue-wenner.
Chris van Staden, van Kindersorg, het die spelers, borge en organiseerders geloof vir hul geesdrif en belangrike bydrae ten bate van behoewende gesinne.
Japie Genis, wat ook goed gespeel het, was Woensdag se naaswenner.
Die gewilde Sonsak-kompetisie wat elke Vrydag gespeel word, is deur Lappies Labuschagne met 23 punte gewen terwyl Ray Saul die naaswenner was.
Saterdag word 'n gholfdag by Dolphins Creek ten bate van die Afrikanerbord aangebied en alle belangstellendes is welkom om hul slag te wys. Skakel Pine
Pienaar by 044 620 3278 vir 'n bespreking en verdere inligting.

Chris van Staden, van Kindersorg, bedank die betrokkenes by die suksesvolle borgdag.

Die wenners van die Kindersorg-gholfdag by die Dolhpins Creek Gholfklub, Sandra Homann en Errol van der Westhuizen, staan hier vierde en vyfde van links by verteenwoordigers van Kindersorg. Hulle is van links: Pieter van Niekerk, Chris van Staden, Mercia Cole, Dean Booysen en Heidi Juries.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'