GEORGE ROLBALNUUS - Die negejarige Kaila Steyn het verreweg die jongste speler geword wat nog by die Outeniqua-rolbalklub die eindstryd in 'n klubkompetisie bereik het.
Sy en haar ouers, Kurt en Gail Steyn, was die naaswenners in die klub se gemengde driespelkampioenskap.
Die Steyns het die afgelope paar weke teen verskeie spanne te staan gekom en tot die eindstryd deurgedring, maar moes die knie buig voor die ervare span met Barry Connellan, Loureth Otto en Danny Weeks.
Otto het pas na George verhuis en sy en haar eggenoot, Fanie, is die huidige klubkampioene van hul vorige klub in Trichardt.
Kaila is die kleindogter van Ockie Steyn wat vir baie jare sy merk as rolbalspeler op Oudtshoorn gemaak het, maar tans lid van die Outeniqua-rolbalklub is.
Die 9-jarige Kaila Steyn by haar ouers, Gail en Kurt Steyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'