GEORGE ROLBALNUUS - Die oues van dae het die jongspan van die Outeniqua-rolbalklub groot laat skrik in die klub se jaarlikse toernooi tussen oud en jonk.
Aan die einde van die eerste ronde het die seniors met 112-105 voorgeloop en reeds geglo hulle gaan die stryd wen.
In die wind wat intussen opgesteek het, het hulle egter stoom verloor wat die jonges toegelaat het om uiteindelik met 236-192 te wen.
Dit was die sesde agtereenvolgende jaar dat die jonges met die louere wegstap.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'