Hy het die Wes-Kaap verteenwoordig wat op sigself 'n prestasie is.
Tydens die kampioenskappe het hierdie uitstaande gimnas bronsmedaljes op die brug, vloer en rekstok ingepalm en algeheel vierde in sy ouderdomsgroep geëindig.
Artistiese gimnastiek is 'n baie veeleisende sport en verg baie ure en deursettingsvermoë en dissipline om die vlak te bereik wat nasionale deelname verseker.
Neo het reeds sy horisonne verskuif en is vasberade om selfs harder te werk sodat hy die volgende vlak kan bereik.

Neo de Jongh links met een van sy bronsmedaljes op die rostrum.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'