GEORGE ROLBALNUUS - Span Jack's Paint & Hardware was beide verras en ingenome met hul eerste plek na die eerste ronde van die Relax Beds & Foam-somerliga vir besigheidspanne, wat deur die Outeniqua-rolbalklub aangebied word.
Die drie Jacks en een Jill het hierdie het hierdie goeie wegspring te danke aan 'n uitstekende oorwinning wat hulle oor Kruger Internasionaal behaal het.
Kirsten & Tulleken Vervoer, wat vir Just Property geklop het, Coastal Armiture Winders, wat vir Vorster Motors afgestof het en Supporters wat 'n sege oor JB Motors behaal het, spog almal met 13 ligapunte, maar die voorlopers het die beste punteverskil aangeteken.
Hierdie was maar die eerste ronde van ses en nog baie skommelings kan in die volgende vyf weke die kompetisie interessant maak.
Die borgspan, wat die eerste keer aan die kompetisie deelneem, het 'n goeie wegspring gehad met hul sesde plek na 'n oorwinning oor Total Gaz.
Coastal Armiture Winders is die nuweling-span wat die beste gevaar het met hul derde plek. Nou kom hulle vanaand (Donderdag) teen die kampioene van die vorige reeks, Supporters, te staan en sal hul rolle moet ken as hulle na afloop van die tweede been nog steeds saam met die groot honde wil blaf.
Die wedstryde begin om 18:00 en alle belangstellendes is welkom om dit gratis by te woon by die klub se bane in Airwayweg, Heatherpark. Die gelukstrekking vind gewoonlik teen ongeveer 20:00 plaas wanneer die uitslae ook aangekondig word.
Die klub verkoop ligte etes terwyl die wedstryde gespeel word en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Sommige rol links en ander rol regs, maar almal geniet die spel hoe krom en skeef die balle ookal mag rol. Foto: Jacolette Young
Uitslae:
1 Jack's Paint & Hardware 13; 2 Kirsten & Tulleken Vervoer 13; 3 Coastal Armature Winders 13; 4 Supporters 13; 5 Accidental Bowlers 12; 6 Relax Beds & Foam 11; 7 Crocs 10; 8 Kommaweer Stoffeerders 10; 9 Mend a Bath 10; 10 Ricoh 10; 11 Halfway Toyota Butz & Gutz 10; 12 Talisman 10; 13 Supa Rollers 9; 14 Bowling Stones 9; 15 Bushwackers 7; 16 Hot Shots 7; 17 Amec 6; 18 Unibuild Bowlers 6; 19 Spares Squad 6; 20 Roes 6; 21 Magic Rollers 6; 22 Orange Apples 6; 23 Total Gaz 6; 24 Biltong & Braai 4; 25 JB Motors 3; 26 Vorster Motors 3; 27 Just Property 3; 28 Kruger Internasionaal 3.
Die span van Jack's Paint & Hardware was vol vreugde nadat hulle die eerste plek op die punteleer tydens die eerste been van die rolballiga ingeneem het. Die spanlede is van links: Reggie van der Merwe, Merize Fouche, Hendro Botes en Goodstuff Botes. Foto: Jannie Meyer
Wedstrydlys:
Jacks Paint & Hardware t KTV; Coastal Armature Rewinders t Supporters; Accidental Bowlers t Relax Beds & Foam; Crocs t Kommaweer Stoffeerders; Mend a Bath t Ricoh; Halfway Toyota Butz & Gutz t Talisman; Supa Rollers t Bowling Stones; Bushwackers t Hot Shots; Amec t Unibuild Bowlers; Spares Squad t Roes; Magic Rollers t Orange Apples; Total Gaz t Biltong & Braai; JB Motors t Vorster Motors; Just Property t Kruger Internasionaal.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'