GEORGE HOKKIENUUS - Hoërskool Outeniqua se eerste hokkiespanne het verlede week in Durbanville by die Hoërskool Fairmont se Paastoernooi uitstekend presteer.
Die seuns o.19A-span het Hoërskool Hudson in die eindstryd met 2-1 geklop vir hul eerste oorwinning in dié toernooi. Die o.19A-dogters, wat vir die eerste keer aan die toernooi deelgeneem het, het hul groepafdeling gewen, maar is in die halfeindstryd geklop. Hulle eindig vierde uit die 24 deelnemende spanne en stap ook met die geesbeker weg vir hul uitstekende sportmanskap op en van die veld af.
Die seuns het gewys dat harde werk beloon word en in die groepfase met spanne soos Helpmekaar Kollege (Pretoria), Hoërskool Charlie Hofmeyer, Westerford en DF Malan afgereken. In die halfeindstryd teen Fairmont wen die Kwaggas in ekstra tyd die spanningsvolle uitskiet met 2-1 ná dié stryd met 1-1 gelykop geëindig het.
Dis die eerste keer wat die Kwaggas hierdie toernooi wen.
Vier van die seuns is vir die toernooispan gekies, naamlik Ruben van Eck, Ruach Roux, Jaco-Hein Louw en Jurgen Koegelenberg. Jurgen word ook aangewys as die speler van die toernooi.
Die eerste seunshokkiespan van Hoërskool Outeniqua wat verlede week in Durbanville die Hoërskool Fairmont se Paas-hokkietoernooi gewen het deur Hudson in die eindstryd met 2-1 te klop.
Jaco-Hein Louw haal ook die toernooispan.
Jurgen Koegelenberg is by die Hoërskool Fairmont se Paastoernooi vir die toernooispan gekies en hy is ook aangewys as die speler van die toernooi. Aksiefoto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'