GEORGE SPORTNUUS - Dit was hoe later hoe kwater vir Relax Beds in die Riaan de Wit en Outeniqua Plumbing-rolballiga, wat nou reeds sovêr voorloop dat hulle feitlik verseker is van die titel na afloop van vanaand (Donderdag) se eindwedstryde in die reeks.
Die span het vanaf die tweede ronde in die kompetisie die voortou geneem en tydens elke verdere ronde hul voorsprong vergroot.
Na die vyfde ronde loop hulle reeds met nege ligapunte voor hul naaste teenstander, Accidental Bowlers.
Die twee spanne kom juis vanaand teen mekaar te staan en die verwagting is dat van die vonke gaan spat, met Accidental Bowlers wat alles in die stryd gaan werp om die titel te jag.
Die ander spanne is reeds te ver agter op die punteleer om enige bedreiging in te hou.
Die wedstryde, wat gratis bygewoon kan word, begin om 18:00 by die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark.
Ligte etes is beskikbaar en die spelers word almal op 'n biefstukete vergas. Lewendige musiek word ook verskaf en 'n kontantkroeg is beskikbaar.
Uitslae:
1. Relax Beds 62;
2. Accidental Bowlers 53;
3. Boksombende 51;
4. Finovo 50;
5. Kommaweer Stoffeerders 47;
6. Stadler & Swart 47;
7. Bowling Stones 47;
8. Ou Rollers 46;
9. KTV 45;
10. Southern Cape Properties 44;
11. Butz & Gutz 43;
12. Bowlistics 43;
13. SP Legal 42';
14. Mat Katte 41;
15. The Wrecking Balls 40;
16. Frikkie 39;
17. Tax Consulting 39;
18. Vault Properties 38;
19. Wild Rovers 36;
20. Africorp Accounting 35;
21. DTM Rollers 33;
22. GRM 33;
23. Cruizin Canines 32;
24. Ricoh 31;
25. Sweaty Balls 30;
26. Francois Retief Premier 29;
27. Thunderstruck 25
28. The Wild Bunch 18
Wedstrydlys:
- Relax Beds t Accidental Bowlers;
- Boksombende t Finovo;
- Kommaweer Stoffeerders t Stadler & Swart;
- Bowling Stones t Ou Rollers;
- KTV t Southern Cape Properties;
- Butz & Gutz t Bowlistics;
- SP Legal t Mat Katte;
- The Wrecking Balls t Frikkie;
- Tax Consulting t Vault Properties;
- Wild Rovers t Africorp Accounting;
- DTM Rollers t GRM;
- Cruizin Canines t Ricoh;
- Sweaty Balls t Francois Retief Premier;
- Thunderstruck t The Wild Bunch.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'