Verlede jaar se wenner van die Derby, W Boshoff, staan hier links met sy kabeljou van 14.25kg by John Blaauw, eienaar van Arms & Tackle.
GEORGE NUUS - Die jaarlikse Deurnag Derby langs die hengelwaters van die Suid-Kaap vind eerskomende Vrydag (10 Desember) tot Saterdag plaas.
Verskeie hengelaars sien uit na hierdie geleentheid om veral die kabeljoue te jag. ‘n Paar goeie vangste is reeds hierdie seisoen gemaak en hopelik speel die weer oor die naweek saam.
Groot hengelpryse en gelukkige trekkings is daar om gewen te word.
Kaartjies is beskikbaar by Arms & Tackle, Xtreme Fishing en Tackle & Sport in George; J & J Marine en Xtreme Outdoors in Mosselbaai; Crause Broers Slaghuis in Groot-Brakrivier en Breezers Fishing in Knysna.
Vir navrae skakel Arms & Tackle by 044 873 2178.
Posted on: 13:36 Wed, 08 December 2010
Your Comments
Confirmed Covid-19 cases in Garden Route District: