GEORGE NUUS - Die 16-jarige Matthew Thorne, 'n leerder van Hoërskool Outeniqua, is pas gekies vir die o.16 Barbarian-uitnodigingspan wat einde November op 'n rugbytoer na Frankryk vertrek. Dié toer sal elke speler R35 000 uit die sak jaag.
Hoewel die spelers se klere en reisversekering geborg word, moet hulle die stywe bedrag self insamel.
Matthew sê die Franse toer sluit drie rugbywedstryde en besoeke na talle besienswaardighede in. Maar nou wil sy Franse droom neig om in 'n nagmerrie te ontaard as hy nie voor einde November die geld ingesamel kry nie.
Die familie het ingespring met 'n paar geldinsamelingsaksies, maar hy is nog ver van sy doelwit af.
Matthew se oupa, Willie Bezuidenhout, het 'n beroep op Georgiete gedoen om Matthew te ondersteun. "Enige bedrag, hoe gering ook al, sal help om dié emmer te vul."
Weldoeners wat graag iets tot sy toerfonds wil bydra, kan dit inbetaal by sy spaarrekening: M. Thorne, ABSA, spaarrekeningnommer 93 3301 2539.
ARTIKEL & FOTO: HUGO REDELINGHUYS, GEORGE HERALD-SPORTREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'