Alhoewel hulle steeds onoorwonne in die reeks is, moes hulle hard werk vir hul oorwinning van 12-10 teen die Runaway Come Backs, wat na twee rondes die pas in die kompetisie aangegee het. Hulle het in die proses tot die algehele derde plek (31 wedstrydpunte) teruggeval, vyf punte agter Glen Haven se totaal van 36 wedstrydpunte.
Die Juvenile Jacks, ‘n indrukwekkende eerste inskrywing tot die kompetisie moes met hul eerste ne-derlaag tevrede wees toe hulle in ‘n spannende wed-stryd met 9-13 teen Zanzibar die knie moes buig. Zanzibar beklee die trotse tweede posisie (34 wedstrydpunte), slegs twee punte agter Glen Haven.
In ‘n wipplank-stryd moes die Houte-Koppe en die Musketeers met ‘n gelykop uitslag van 14 elk tevrede wees. Hulle is onderskeidelik vierde en vyfde op die telbord geplaas.
Soos gewoonlik het die kompetisie ook sy kwota verrassings opgelewer met drie spanne wat hul eerste oorwinning gesmaak het.
Absa Private Bank het vir Secunda Sales met 13-8 getroef, Eden Wealth het met 13-9 teen die Vintage Rollers geseëvier, terwyl Kruger Internasionaal met 12-7 aan die wenkant was teen die Titans.
Opwindende rolbal word verwag wanneer die vierde ronde van die kompetisie vanaand (Donderdag) by die Outeniqua Rolbal-klub beslis word. Twee van die guns-telinge in die kompetisie, Glen Haven en Zanzibar sal mekaar die stryd aansê, die Runaway Come Backs kom teen die Houte-Koppe te staan en die Juvenile Jacks se vernuf sal deur die Musketeers beproef word.
Elkeen van hierdie spanne sal poog om hul hoop op die Somertitel lewen-dig te hou terwyl Xtreme Fishing, Secunda Sales, die Vintage Rollers en die Titans almal hul hoop op ‘n eerste oorwinning sal plaas. Spel begin om 18:00.
_jpg(1).jpg)
Greg Young, Johan Venter, Scholtz Bruwer, Johan Naudé, en Francois Stemmet (van links) saam met die oud-OP-rugbyspeler Vaatjie Nel (middel).