Gallery
GEORGE GIMNASTIEKNUUS - Gimnaste van die Zest Ritmiese Gimnastiekklub van George het uitstekende uitslae behaal by die WP-kampioenskappe.
Vyf gimnaste is in die Wes-Kaapspan opgeneem wat aan die SA kampioenskappe in Johannesburg gaan deelneem.
Die gimnaste is Marne van der Merwe, Chanel Basson, Carmen Booyens (vlak 5 - o.15), Clara Campbell (vlak 5 - o.13) en Mikka van Niekerk (vlak 6 - o.13).
Afrigter Georgine Heenop het gesê dat sy baie trots is op die gimnaste se prestasies en dat die deelname in Kaapstad goeie ondervinding vir almal was.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'