GEORGE GiMNASTIEK-NUUS - Gimnaste van SKAT-gimnastiekklub in George het die afgelope Oktober vakansie SKAT se naam hoog gehou toe hulle as deel van die Wes-Kaapspan aan die SAGF Gym Games in Pretoria deelgeneem het.
Leolin Petersen het in haar items oorheers en weggestap as nasionale kampioen in tuimel en dubbel-minitrampolien. Sy het ook 'n silwermedalje op die trampolien gebuit en gekwalifiseer om Suid-Afrika saam met Samantha Klinsick te verteenwoordig by die Region 5 International.
Samantha Klinsick is aangewys as nasionale kampioen in haar kategorie op die trampolien en het ook 'n silwermedalje vir die dubbel-minitrampolien verwerf.
Rijon Kasselman is aangewys as nasionale kampioen op die dubbel-minitrampolien en wen silwer op die trampolien.
Alexander Wiseman is aangewys as nasionale kampioen in sy kategorie op die dubbel-minitrampolien.
Kate-Lynn Ehlers het ook 'n silwermedalje op die trampolien in haar kategorie gebuit.
Ander gimnaste wat ook in die byeenkoms deelgeneem het, was Kate-Lynn Ehlers, Liandri Lamprecht, Kathleen van Niekerk, Rose Gold, Sané Nortjé, Eulize du Plessis en Joshua Martin.
Van die gimnaste wat puik gevaar het is voor, van links: Kate-Lynn Ehlers, Liandri Lamprecht, Kathleen van Niekerk en Alexander Wiseman. Agter: Rose Gold, Sané Nortjé, Eulize du Plessis en Joshua Martin.
Rijon Kasselman
Leolin Petersen met haar medaljes.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'