GEORGE NUUS - Veertig leerders van Laerskool George-Suid het Saterdag 22 Mei aan die Spur#1 by Ground Zero deelgeneem.
LGS wen die eerste 2021-resies van die jaar vir laerskole in die Suid-Kaap!
Die volgende leerders het uitstekend gevaar:
- Sub-Nipper seuns (7 - 8 jr): Gerhard Hattingh - 1ste plek; Lutz Reinstorf - 3de plek
- Sub-Nipper dogters (7 - 8 jr):
- Lea Booysen - 2de plek
- Nipper dogters (9 - 10 jr): Leone Theron - 1ste plek
- Sprog seuns (11 - 12 jr): Lincoln Zietsman - 1ste plek
- Sprog dogters (11 - 12 jr): Nina Pieterse - 2de plek; Norma Walters - 3de plek
- Sub-Junior dogters (13 - 14 jr): Anje van Niekerk - 1ste plek
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'