GEORGE SKAAKNUUS - Die George-skaakklub het aan die Wes-Kaapse klubkampioenskappe op Caledon deelgeneem en het hul stempel goed afgedruk.
Die span sou aanvanklik in die B-groep deelgeneem het, maar as gevolg van te min spanne in die A-seksie is die A- en B-seksies saamgevoeg.
Die George-skaakklub het algeheel 12de geëindig.
Goeie skaak is gespeel en die manne het hulle beste gegee in elk van die ses rondes wat gespeel is.
Enige spelers wat by die George-skaakklub wil aansluit, is welkom om op 'n Donderdagaand van 18:00 tot 20:00 by die weeklikse byeenkoms 'n draai te kom maak. Die klub se perseel is in dieselfde gebou as die George-sportklub in Langenhovenweg.
Vir meer inligting bel George Swart op WhatsApp by 072 266 8137 of Lionell Campbell by 072 462 1624.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'