GEORGE SPORT NUUS - 'n Groep plaaslike gimnaste het verlede naweek aan die Zest-interklubkompetisie in Stilbaai deelgeneem.
Gimnaste van Stilbaai, Riversdal en die Paarl het ook saamgetrek. Die kompetisie was vir gimnaste vanaf vlak een tot 10 waarvan vlak een tot drie elkeen aan twee roetines deelgeneem het en gimnaste vanaf vlak vier en op, elkeen drie.
"Ek het 22 gimnaste gehad wat deelgeneem het en daar was 'n totaal van 95 deelnemers.
"Binne die verskeie vlakke het ons 48 medaljes gewen.
"Vir meeste van die jonger gimnaste was dit hul heel eerste kompetisie," sê plaaslike Zest-afrigter, Elani Fourie.
George se gimnaste is van links: Talitha Janse van Rensburg (vlak 6), Simone Truter (vlak 6), Stephanie Syce (vlak 7), Merike Groenewald (vlak 6), Liza van der Merwe (vlak 6), Olivia Farrell (vlak 6). Maskers is afgehaal vir die foto.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'