GEORGE NUUS - Die skopbokser John Phyfer en die hamergooier Annemie Smit is onderskeidelik as George se sportman en -vrou van 2010 bekroon.
Hierdie was een van die vele hoogtepunte van van die jaarlikse spogbyeenkoms waartydens die uitstaande sportlui van George vir hul prestasies bekroon word. Die 15de George sportman en -vroudinee van die George Sportakademie het reeds ‘n instelling en hoogtepunt op die George-sportkalender geword waartydens sportlui van uiteenlopende sportsoorte skouer
skuur.
Die gasspreker van die aand was die Para-Olimpiese goue en silwermedaljewenner en een van Suid-Afrika se bekendste atlete, Ilse Carstens. Haar inspirerende boodskap aan jong sportdeelnemers het veral oor die oorkoming van persoonlike omstandighede gegaan en hoe sport die individu kan help om die beste van sy of haar geleenthede te maak.
Phyfer, skopbokser van Andersons Martial Arts, het tydens vanjaar se Wêreldkampioenskappe in die VSA ‘n silwermedalje in die swartgordel-klas verower en deur die jaar oral oor Suid-Afrika interprovinsiale en nasionale titels gewen.
Smith is ‘n skitterende hamergooier van die Hoërskool Outeniqua wat vanjaar die SA Skole-, SA Junior en SA Senior Kampioenskappe met goue medaljes by elk haar eie gemaak het. Sy het ook verskeie SA junior rekords verbeter in die proses en Suid-Afrika op die wêreld junior kampioenskap verteenwoordig waar sy 13e geëindig het.
In die meestersafdeling was daar drie gedugte mededingers, André de Jager (skopboks), Stephen Stander (kragoptel) en Colin Halgryn (nasionale kleure op 70 jaar in tennis).
Dit was Martial Arts se André de Jager, nasionale kampioen in die swartgordel-afdeling en wenner van verskeie interprovinsiale kompetisies, wat gekroon is as die George meesters-sportpersoon van die jaar.
In die junior (hoërskole-) kategorie is ‘n groep van uitstaande sportpersoonlikhede wat oor Suid-Afrika uitstekend presteer het, genomineer. Dit het Donna Haycock (tennis), Emmie Marx (tennis), Taryn Morton (hokkie), Anel Oosthuzen (atletiek), Raylicea Tarentaal (netbal), Aleschea Strydom (gevegskuns), Janine van der Merwe (gevegskuns), Sunet Voigt (atletiek) en Anuschka Zaayman (karate) ingesluit.
Die bronsmedaljewenner by die wêreldkampioenskappe in Goju Ryu Karate, Anuschka Zaayman, wat ook in atletiek en netbal presteer, is George se junior sportvrou van die jaar.
In die junior seunsgroep het die baathle, tweekamp, duathlon en driekampuitblinker en atleet van die Hoërskool Outeniqua, Basson Engelbrecht met die louere as George junior sportman van 2010 weggestap. Hy het ‘n silwermedalje op die 2010 wêreldkampioenskappe in die biathle in Dubai verower. Ander uitblinkers met wie hy meegeding het, het die gevegs-kuns-uitblinker Phillip Anderson, die rugbyspeler van Oute-niqua, Tinus Vermeulen en die SA o.18-gholfspeler van Oute-niqua, Drikus Bruyns, ingesluit.
In die sub-juniors of laerskole-afdeling was daar besonder stywe mededinging onder die dogters en was Andersons Martial Arts se Monique Anderson in kompetisie met George-Suid se Lianca Botes en Inge Conradie, St Pauls se Monique Stuur-man en Outeniqua Laer se Claudia Hall, Amore Slabbert, Ianthe van der Westhuizen, Inge Venter, Kayla-Ann Verreyne en Michelle Verreyne. Al hierdie sportvroue is baie veelsydig, maar dit was Inge Venter wat gekroon is as George se sub-junior sportvrou van die jaar.
By die laerskole-seunsafdeling was dit gevegskuns en Glenwood House se Wesley Blinkhorn wat moes meeding met Outeniqua Laer se Zako de Beer (atletiek en rugby), Ronaldo Fortuin (rugby en krieket), Reinardt Haupt (rugby, swem en tweekamp), Stef van Heerden (tennis) en George-Suid se Johan Goosen (tennis en krieket) en Johan Rebula (gholf, rugby en krieket).
Uit hierdie groep is Reinard Haupt aangewys as George se sub-junior sportman van 2010.
Neceedo Pietersen is as die spesiale skole van George sportpersoon vir 2010 aangewys na ‘n uitstekende jaar op rugby-, atletiek- en krieketvlak terwyl Vanessa Wolmarans (atletiek) die dogterstoekenning ontvang het. Beide is van Van Kervel Skool. Die vier wenners van die kate-gorie vir afrigters was Johannes Roux (laerskole), Jacques Wolfaardt (hoërskole), Susan Botha (spesiale skole) en Carl Brink (seniors). Die George sportadministrateur van die jaar is die bekende toernooie-direkteur en nasionale Protea-spanbestuurder van gevegskuns en Andersons Martial Arts, Corné Anderson.
Die Laerskool George-Suid se o.12A-netbalspan, wat die jaar onoorwonne in al die kompetisies op plaaslike en landswye vlak deurgegaan het, is as sub-junior sportspan van George aangewys terwyl die Hoërskool Outeniqua se top-10-atletiekspan die junior sportspan van George in 2010 is.
Die George Netbalklub se eersteligaspan, wat die SWD Senior Netballiga gewen het, is as die George senior sportspan van die jaar aangewys. Dr. Ronel Janse van Vuuren, kor-poratiewe bestuurder van die hoofborg, Wellness World, het die sportlui gelukgewens met hul prestasies en aangemoedig om aanstaande jaar hoër ideale vir hulself te stel.
Die meeste van die top-sportlui wat vereer is saam met van die betrokkenes by die suksesvolle aand. Vyfde van links is Ilse Carstens, top-para-olimpiese atleet en hoofspreker by die funksie.