GEORGE ROLBALNUUS - Finovo se spanlede was oorstelp van vreugde toe hulle in 'n uitstekende eindstryd 'n oorwinning verseker en met die kampioenskap in die Assupol-besigheidsliga van die Outeniqua-rolbalklub wegstap.
Alhoewel hulle 'n stadige begin in die liga gehad het, het hulle al sterker geraak en die eerste plek in die laaste vier rondes ingeneem. In die eindstryd het hulle die ervare KTV-span geklop en hulle na die derde plek afgedwing.
Coastal Relax was die naaswenners met sewe ligapunte agter die wenspan. Al die spelers is na afloop van die eindstryde op 'n steakete getrakteer asook lewendige musiek.
Die volgende reeks begin op 2 September en die klub soek nog 'n hoofborg vir die reeks. Belangstellendes kan vir Greg Young by 082 804 8943 skakel.
Spanne wat aan die volgende reeks wil deelneem kan intussen elke Dinsdagaand by die klub gaan oefen om wedstrydfiks te bly.
Span KTV, wat die derde plek ingeneem het, is verteenwoordig deur (van links) Boet Gericke, Hannes Muller, Leon Langeveld en Brian Koen. Agter staan Wynand Nortjé van Assupol wat die pryse oorhandig het.
Uitslae:
1 Finovo 68; 2 Coastal Relax 61; 3 KTV 58; 4 Meyerkon 57; 5 Bowling Stones 56; 6 Ricoh 56; 7 Enough is Enough 54; 8 Kommaweer Stoffeerders 52; 9 Accidental Bowlers 52; 10 Butz & Gutz 49; 11 Fireballs 48; 12 Redline 47; 13 Assupol Bowlers 47; 14 SP Legal 46; 15 Yappie Rollers 46; 16 Vault Properties 45; 17 Just Property 45; 18 Blanco Buurtwag 45; 19 Jack & 3 Jills 41; 20 Ou Rollers 40; 21 Kingearls 37; 22 Africorp Accounting 37; 23 South Cape Properties 34; 24 Golden Girls 31.
Die verheugde spanlede van Coastal Relax wat die naaswenners was, is van links: Godfried Rheeder, Das Barnard (aankondiger), Jeandré Barnard, Jean van der Merwe, Wynand Nortjé (Assupol) en Neil Rheeder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'