GEORGE NEWS - Elroy Gelant, boorling van George, het vandag die Twee Oseane halfmarathon gewen.
Galant het gewen met ‘n tyd van 1:03:20.
Kort op sy hakke was Jobo Khatoane (1:03:31) van Lesotho, gevolg deur nog ‘n Suid-Afrikaner, Stephen Mokoka (1:03:37).
Sowat 16 000 atlete het vandag aan die halfmarathon deelgeneem, terwyl ongeveer 13 000 die ultramarathon aandurf.
Gelant is ‘n oud-skolier van Pacaltsdorp Primêre Skool en Hoërskool Outeniqua.
Sy ouers woon steeds in Pacaltsdorp.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'