SUID-KAAP NUUS - Sewe sportlegendes van die Eden-distrik is op Donderdag 13 Desember by Kronenburg Wine Estate naby Wellington deur die Wes-Kaapse Minister van Sport, Anroux Marais, vereer vir hul bydrae tot sport. Die sportlegendes is ook by dié geleenheid erkenning gegee vir dienslewering in hul gemeenskappe.
Ses en twintig sport-legendes van oor die Westelike-Provinsie het in 2018 toekennings ontvang. Frederick Brooker (100) was vanjaar die oudste legende wat vereer is. Brooker se toewyding aan sport strek reeds vanaf 1935 af.
Hy het ook al verskeie lande deur middel van sport besoek.
Nog 'n legende, Lancelot Petersen, het 'n toekenning vir sy bydrae in rugby gekry. Hy was egter te siek om die spog-geleentheid by te woon, en sy dogter het dit namens hom ontvang.
Eden-sportlegendes wat vereer is:
- Heidi de Kock (Atletiek - Van Wyksdorp)
- Terry Quirk (skaak - George en Knysna)
- Selwyn Hermanus (karate - George)
- Lancelot Petersen (rugby - Mosselbaai)
- Nellis du Plessis (rugby - Mosselbaai)
- Gert Lewis (sokker - Oudtshoorn)
- Frederick Brooker (vyfkamp - Sedgefield)
Die Eden sport-legendes saam met die Wes-Kaapse Minister van Sport, Anroux Marais (middel). Foto verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'