Verskeie skuts van Eden het op 12 Augustus aan die jaarlikse Boland ope jaggeweerskiet op Talana in die Montagu-omgewing deelgeneem.
Individuele punte wat hier behaal word tel vir die skut se jaarpunt en indien die skut binne die top 50 skuts eindig, word hy/sy na die SA top 50 genooi waarna die Proteaspanne verkies sal word.
Wat nog meer uniek was van die afgelope Boland ope is die inisiatiewe geneem deur Eden, Boland en WP waarin 'n interprovinsie skietkompetisie plaasgevind het. Hierin het die vroue van Eden-jaggeweerskiet sowel as juniors hulle provinsiale kleure verwerf. Groot was die vreugde toe al drie mans-, vroue- en juniorspanne ook onderskeidelik kategoriewenners was in hierdie eerste been van drie interprovinsiale skiete.
Die volgende been vind einde September op Louvain in die Suid-Kaap plaas en die laaste been einde Oktober op Yzerfontein in die Weskus.
Die Eden mans is van links: Valie Enslin, Christo Delport, Jaco Brink, Jacques du Plooy en Renier van Greunen.
'We bring you the latest Garden Route,Karoo, Hessequa news'