GEORGE SKAAK-NUUS - Gedurende die naweek van 14 en 15 Augustus het die Eden Chess Union die Eden-skaakliga 2021 by die Wilderness Hotel aangebied.
Dit kon weens Covid-19 nie verlede jaar plaasvind nie. Spanne van die onderskeie klubs in Eden het aan hierdie liga deelgeneem en het uit vier spelers per span bestaan.
As gevolg van die Covid-19-regulasies kon net die premier en eerste divisie afdelings afgehandel word.
Die spanne wat deelgeneem het in die premierliga was as volg:
- Albertinia-skaakklub A
- George-skaakklub A
- Mosselbaai-skaakklub A
- Mosselbaai-skaakklub B
- Pacaltsdorp-skaakklub A
- Riversdal-skaakklub A
Die wenners van die Premierliga was George A wat dit weer vir die eerste keer sedert 2013 kon regkry. In die tweede plek was Pacaltsdorp A en derde was Mosselbaai A wat vir die afgelope vyf jaar die wenners was.
In die eerste divisie het die volgende klubs deelgeneem:
- Conville Knights A
- Oudtshoorn-skaakklub A
- Pacaltsdorp-skaakklub B
- Riversdal-skaakklub B
- Slangrivier-skaakklub A
Oudtshoorn A het as wenners uit die stryd getree met Pacaltsdorp B in die tweede plek en Slangrivier A in die derde plek.
Bedanking
George Swart, Eden Chess Union-president, bedank die toernooidirekteur, Terry Quirk, vir sy getroue diens die afgelope paar jaar met die beplanning van die liga en Lionell Campbell wat opgetree het as voldoeningsbeampte. Hy wil ook die bestuur bedank vir hulle ondersteuning en ook die Wilderness Hotel wat die saal beskikbaar gestel het.
Daar word beplan om die tweede en derde divisie afdeling in September te laat plaasvind.
Op die eerste foto verskyn die wenners: Die wenners van links is George Swart (K), Pieter Dyzel, Corne Fourie en Grant Campbell.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'