TUINROETE | KAROO NUUS - Eden het die afgelope week 'n Protea-hengelaar en SAVOF (Suid Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie) hengelaars opgelewer.
Vyf van Eden se tophengelaars het daarin geslaag om gekies te word vir spanne wat die afgelope week in Bloemhof, Noord-Wes aan 'n internasionale toets teen Nederland deelgeneem het.
Marius Nel is gekies vir die Proteaspan. Quintin Koegelenberg vir die SAVOF B-span, Lewellyn van Greunen en Ashandren Pillay vir die SAVOF A-span en Francois Steinman vir die SAVOF C-span.
Al vyf hengelaars behoort aan Montana-varswaterhengelklub. Enrico Kruger en Adele Conradie, ook van Montana is as kptein en bestuurder vir die SAVOF A-span gekies.
Die Proteaspan het daarin geslaag om die toernooi te wen, met Nederland tweede en SAVOF B derde.
Quintin Koegelenberg het die toernooi algeheel gewen met slegs twee punte. Kevin Bolhuis van Nederland was algeheel tweede en Roland Reed van die Proteaspan was derde.
Quintin Koegelenberg
Ashandren Pillay
Die eindresultate was:
- Protea – 27 punte (234,53kg )
- Nederland – 32 punte (228,27kg )
- SAVOF B – 32 punte (213,45kg )
- SAVOF A – 33 punte
- SAVOF C – 41 punte
- SAVOF meesters – 45 punte
Marius Nel
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'