Die nuwe bestuur is tydens die algemene jaarvergadering verkies toe die klub se suksesse en hoogtepunte vir 2013 ook uitgelig is.
John Young is tot vise-president verkies met Petro Adlam as sekretaris en Daan Adlam as tesourier. Die wedstrydsekretaris is Leon Burger. Susan Meyer, Lyn McComb, Theo van Aswegen en Rina Steenkamp is die addisionele lede op die bestuur.
Die keurkomitee bestaan uit Attie Nortje, Rudy Bosch, Rosa du Preez, Basie du Preez en Petro Scheepers.
Du Preez het ná die verkiesing die hoop uitgespreek dat die klub vanjaar nog verder van krag sal gaan en voortbou op die suksesse van die verlede. Hy het bygevoeg dat hy baie trots is op dit wat die klub die afgelope tyd vermag het deur groei te toon en verskeie suksesvolle toernoie aan te bied.
Die klub se program vir die jaar skop vanaand (Donderdag) af met die gewilde jaarlikse Outeniqua Somerliga vir sosiale spanne. Die bane gaan weer uit hul nate bars met 'n voltal spanne en baie ondersteuners wat, soos in die verlede, die Dondagdagaand-wedstryde goed bywoon.

Die Outeniqua Rolbalklub het sy algemene jaarvergadering gehou en Louis du Preez is vir 'n volgende termyn as president herkies. Die bestuurslede is van links: Susan Meyer, Lyn McComb, Attie Nortje, John Young, Daan Adlam, Theo van Aswegen, Louis du Preez, Rudy Bosch, Petro Adlam, Leon Burger, Rosa du Preez, Rina Steenkamp en Basie du Preez. Afwesig: Petro Scheepers.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'