Video
GEORGE NUUSFLITS EN VIDEO - Syferfonteiners het tydens die Desembervakansie kliphard gewerk om 'n stuk veld langs die plakkerskamp vir sport in te rig.
Tuisgemaakte rugbypale staan netjies afgewit op 'n lappie ongelyke grond.
'n Groepie jong kinders hardloop vrolik rond met 'n stokou rugbybal.
'n Skaterlagstemmetjie klink helder op en die sweet drup teen hul lyfies af op een van die warmste dae van die jaar, verlede Donderdag.
James Smith, voorsitter van die Syferfontein-komitee, beduie met sy hand bo sy kop presies hoe hoog die gras en bosse gestaan het.
"Ek het die kinders betaal met tjips en koeldrank, en soms 'n geldjie ook, om te kom help kap," het hy gesê.
"Dit het my seker oor 'n duisend rand gekos. Maar kyk nou - kyk net hoe lekker speel hulle.
"En dis nie net die kleintjies nie, maar ook die ouer kinders en selfs jong manne wat hier kom balle gooi en skop."
Smith het besluit om self die spreekwoordelike bal aan die rol te sit, nadat sy pleidooi om hulp aan George-munisipaliteit nog nie vrugte afgewerp het nie.
Kyk 'n video hieronder
Dié tjokkertjies is lief vir rugby: Voor, van links is Duran Hendricks (7) en Ruben Lucas (5) saam met James Smith, voorsitter van die Syferfontein-komitee. Agter: Hanno Booysen (8), Reldrico Pietersen (9), Jaydowin Julies (10), Wesley Hannies (8), Lawaigan Hendricks (9) en Anele Maye (9). Foto's: Michelle Pienaar
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'