GEORGE ROLBALNUUS - John Dampier en sy span van Outeniqua-rolbalklub het die titel in die klub se Presidentsdag voor die ander 23 spanne weggeraap.
Arlene Bosse se Knysna-span met Hillary Grant, Ted Coetzee en Andrew Hynch was die naaswenners.
Die derde plek is deur die Outeniqua-span van Nan Roos met Lourens Roos, Alhan van der Merwe en Eliana Hattingh, ingeneem.
Dampier se spanmaats was Anri Fick, Terrence Wilson en Noel Perrier.
Die dag was 'n groot sukses met spanne van oor die streek wat ingeskryf het. Hoewel die kompetisie taai was, het 'n gemoedelike atmosfeer geheers.
Die Knysna-span saam met John Dampier (links) en Greg Young (middel) is van links, Arlene Bosse, Hillary Grant, Ted Coetzee en Andrew Hynch.
John Dampier, visepresident van die klub (links) en klubpresident Greg Young (tweede van regs) saam met Nan Roos se span, Alhan van der Merwe, Lourens en Nan Roos en Eliana Hattingh.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'