Daar was sommer uit die staanspoor goeie wedywering en ook heerlike interaksie tussen die onderskeie spanne.
Die Butcher Boys moet egter Smitties Nr Plates, wat kort op hul hakke is, goed dophou. Dié twee sê mekaar vanaand die stryd aan.
Die huidige kampioen, Bushwhackers, asook die gedugte span van Apple Projects, het hul rieme lelik styfgeloop en sal vinnig moet regruk as hulle enigsins 'n aanspraak op die titel wil maak.
Wedstryde vind Donderdagaande van 18:00 af by die Outeniqua-rolbalklub se bane in Airwayweg, Heatherpark, plaas en alle belangstellendes word genooi om in die pret te deel.
Klik hier vir fotogalery.

Aces High, wat tans die tweede plek op die punteleer beklee, se spanlede staan hier by Greg Young (tweede van regs) van die Outeniqua Rolbal-klub. Hulle is van links Basil Steyn, Alhan van der Merwe, Martin Olivier en Colin Goss.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'