GEORGE NUUS - Halfpad deur die reeks van ses rondes het span Boksombende steeds die neus voor in die Stadler & Swart en Outeniqua Plumbing handelsliga van die Outeniqua-rolbalklub.
Nou kom hulle vanaand (Donderdag) in die vierde ronde teen Ruwacon, wat drie ligapunte agter is, te staan terwyl Butz & Gutz, wat na die derde plek opgeskuif het, vir The Untoucheballs gaan aanvat.
Een van die borgspanne, Stadler & Swart, het ook goed opgeskuif na die vyfde plek en speel teen die ander borgspan, Bowling Stones.
Die spanne raak nou al meer kompeterend en die vonke gaan nog spat in die laaste drie rondes.
Die wedstryde, wat gratis bygewoon kan word, begin om 18:00 op die bane van Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark.
Daar is ook ligte etes en 'n kontantkroeg beskikbaar.
Uitslae:
- Boksombende 38;
- Ruwacon 35;
- Butz & Gutz 34;
- The Untouchaballs 32;
- Stadler & Swart 31;
- Bowling Stones 30;
- Groovy Bois 29;
- Kommaweer Stoffeerders 29;
- Weldon Optical 29;
- Riicoh Span 28;
- Wild Rovers 27;
- Transformers 27;
- Finovo 27;
- Meent Street Clan 26;
- Frikkie 26;
- Cuckies 26;
- Jaysmart & Pioneer Finance 26;
- Ou Rollers 25;
- Sapcor Wealth 24;
- Etika 24;
- Boulers 22;
- Talisman Tigers 22;
- Mat Katte 22;
- Die Koeksusters 22;
- Apex Window Cleaning 21;
- Meyer Konstruksie 20;
- The Nice Guys 20;
- Sweaty Balls 20;
- SP Legal 18;
- Africorp Accounting 17;
- Bowlistics 16;
- The Tax Shop George 15;
- Southern Cape Properties Team 2 15;
- Tax Consulting 14;
- Besociables 14;
- Southern Cape Properties Team 1 13.
'We bring you the latest George, Garden Route news'