GEORGE NUUS - Leerders se belangstelling in bofbal en sagtebal het in die afgelope maande drasties toegeneem en George speel eersdaags gasheer vir sy eerste 'n groot toernooi.
Die deelnemende dogters en seuns is baie opgewonde en ouers se ondersteuning het 'n groot invloed op die spelers se geesdrif.
Gevolglik het dit gelei tot 'n sport wat deur die hele familie geniet word.
Die o.15 bofbal- en sagtebalspanne vir George en Eden sal die streek by 'n ontwikkelingstoernooi deur die departement van kultuur en sport verteenwoordig.
Die toernooidatums is as volg: George-proewe op 7 Maart en Eden-proewe op 10 Maart.
Die ontwikkelingstoernooi vind plaas op 16, 17 en 18 Maart by Olympia Skool in George.
Vir meer inligting oor die toernooi kontak Fozia Philander by 081 552 4730 of fozia.philander@gmail.com.
Ondersteun asseblief die kinders en geniet die dag saam met familie op die sportveld.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'