Hy het tydens die jaarlikse prysuitdeling verlede Saterdag vertel dat dr. Ivan Meyer, die minister van Sport en Kultuursake, twee onlangse besoek aan die provinsie afgelê het. Na aanleiding van hierdie besoeke word verwag dat daar binne die volgende paar maande begin sal word om `n fietsrybaan op die dorp te bou.
Bence het ook vertel dat SWD-fietsry deur Fietsry SA aangewys is as die provinsie wat transformasie die beste toepas. Hy het ook melding gemaak van die 1,5 m wetgewing wat eersdaags in Kaapstad sal geld. Motoriste sal voortaan `n veilige afstand van 1,5 m tussen hul voertuie en fietsryers moet handhaaf.
Tydens die funksie is verskeie ryers vereer vir hul prestasies in 2012. Bekers is oorhandig aan Kerrighan Arries (o.12), Jessica Gerber (o.14), Louis Visser (o.14), Shanique Loggenberg (o.16), Keeran Arries (o.16), Rico Bence (Junior Mans) en Mike Lombard (Veterane Mans). Ashley Parsons is aangewys as Junior Victrix Ludorum, Kerrighan Arries as Junior Victor Ludorom, Amy Williams en Shanique Loggenberg beide as Senior Victrix Ludorom en Rynard Jacobs as Senior Victor Ludorom. Philo Philander en Jaco Nel is vereer vir Para Cycling en Louis Visser (jnr) is vereer as die mees veelsydige ryer.
Jonathan Botha het `n toekenning ontvang vir volharding, Marshall Hendricks vir pligsgetrouheid en Lizelle Cloete is aangewys as die beste opkomende vroulike ryer. Emile Boshoff het die toekenning ontvang as die beste opkomende manlike ryer. André Olckers het die beste vordering getoon gedurende die seisoen. Shanique Loggenberg het die beste prestasies onder die vroue behaal. Ashley Parsons is vereer vir uitmuntende prestasies.
Willem Serfontein het `n toekenning ontvang vir sy getroue ondersteuning en Heinrich Gryffenberg die tegniese toekenning vir toewyding en professionalisme. Elka van Rooyen is vereer vir tegniese uitnemendheid, Lee Arries vir uitmuntende diens, Jade Gerber vir onbaatsugtige dienslewering en Louis Visser vir tegniese uitnemendheid. André van Greunen, Dave van der Walt, Warren Coetzee en Dirk van der Westhuizen is vereer vir hul positiewe gesindheid teenoor fietsry.
Isak Boshoff het `n toekenning ontvang vir sy lewenslange prestasies en Essie Esterhuizen vir onbaatsugtige diens en lojaliteit.
_515263131_tn.jpg)
Verskeie van SWD-fietsry se jong ryers het bekers ontvang tydens die funksie. Agter staan Keeran Arries, Rico Bence, Louis Visser (jnr) en Corné Bence. Voor van links: Jessica Gerber, Shanique Loggenberg, Kerrighan Arries, Amy Williams en Rynard Jacobs. Foto: Jacques Swart