Gallery
GEORGE ROLBALNUUS - Die huidige Covid-19-inperkings was kwalik opgehef toe Outeniqua-rolbalklub aankondig dat hul volgende besigheidsliga-rolbaltoernooi aanstaande Donderdag, 11 Februarie, afskop.
Geesdriftige deelnemers aan sosiale rolbal het hierdie week reeds opgedaag om hul vaardighede op te skerp vir die toernooi.
'n Totaal van 24 spanne kan, volgens die protokol-beperkings, op twee bane geakkommodeer word. Spanne kan nou ook uit vier lede bestaan soos in die vorige toernooie.
Belangstellende spanne of borge sal spoedig moet reageer om teleurstelling te voorkom.
Fotogalery: Besigheidsliga-rolbaltoernooi volgende week
Die eerste reeks begin aanstaande Donderdag om 18:00 op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark.
Vir meer inligting kontak Greg Young by 082 804 8943 of Phillip Hattingh by 062 544 2233.
Klublede kan nou ook inskryf vir die jaarlikse Oud teen Jonk-toernooi wat op 13 Februarie plaasvind. Net 72 deelnemers kan toegelaat word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'