GEORGE ROLBALNUUS - Henk Barnard, van George-rolbalklub, en Arlene Bosse van Knysna is oor die naweek as Eden se enkelspelkampioene gekroon.
Die kampioenskap, wat by die Outeniqua-rolbalklub aangebied is, het van die beste rolbal denkbaar opgelewer.
Die kompetisie was geweldig straf en drie Protea-spelers, Thinus Oelofse, Billy Radloff en Colleen Piketh, is in die proses uitgeskakel.
Die eindstryde, tussen Barnard en Japie Combrink asook tussen Bosse en Tish Hockney, het spannende en uitstekende rolbal opgelewer.
Die standaard van rolbal, wat in die tweedaagse kompetisie opgedis is, het bewys dat Eden-rolbal van die beste in die land is en dat plaaslike spelers vir niemand hoef terug te staan nie.
Arlene Bosse met haar kampioenskaps-trofee.
Die uitslae is:
Mans
1 Henk Barnard;
2 Japie Combrink;
3 Andries Janse van Rensburg.
Dames
1 Arlene Bosse;
2 Tish Hockney;
3 Colleen Piketh.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'