'n Groot aantal spanne het by die Erfenisdag-toernooi opgedaag en om die gesogte pryse meegeding. Die span bestaande uit die Protea-speler Billy Radloff, Greg Young en Johan Meyer het uiteindelik met die louere weggestap.
Daarna was dit die ATKV Ou-teniqua-tak wat die hul jaarlikse fondsinsamelings-kompetisie aangebied het. 'n Groot aantal spanne het ingeskryf en mekaar behoorlik die stryd aangesê.Grobbie Grobler se "damesspan" van Rooirivier-gholfklub het die prys ontvang as die besgeklede span.
En toe was dit weer Rolbal vir Jesus se beurt toe geld ingesamel is vir 'n gratis konsert op Hartenbos. Na die suksesvolle Suid- Kaap vir Jesus optrede van 2011 en 2012 is besluit om die projek vanjaar weer aan te pak. Die belangstelling was verrassend groot en 96 spelers het die wind en koue getrotseer om die dag 'n reuse sukses te maak. Ruco Eberson en Terence Wilson was die dag se wenners.
Die borge wat die dag moontlik gemaak het was Eco Stop Wimpy, Front Door Café, Nando's, ATKV, George Golfklub, L&F Electrical, Diskonto, Gospel Direct en die Outeniqua-rolbalklub wat die derde jaar in 'n ry die klub met al sy fasiliteite beskikbaar gestel het. Hierdie keer is dit die gospel-groep Onbeskaamd wat op 2 en 3 November by die Hartenbos-amfiteater gaan optree. Toegang sal gratis wees.
Vir verdere navrae kan Johan van der Berg by 084 512 7334 of Johannes Munro by 082 890 5068 geskakel word.

Die spanne tree aan vir die rolbalstryd in die Suid-Kaap vir Jesus fondsinsameling.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'