GEORGE ROLBALNUUS - Lynn Alexander en haar span van George-rolbalklub het die suksesvolle damesdag by die Outeniqua-rolbalklub teen gedugte teenstand gewen.
Haar spanlede was Edith Spence en Martie Pringle.
Sedgefield-rolbalklub met Roselie Horning aan die voorpunt was die naaswenners terwyl 'n span van Outeniqua, Eliana Hattingh, May Flanagan en Tish Campbell, die derde plek ingeneem het.
Die span wat die prys vir die bes geklede span gebuit het, het uit Mariette Young, Daphne Faber en Rita Louw bestaan.
Eliana Hattingh en haar span van Outeniqua-rolbalklub het die derde plek ingeneem. Haar spanlede was May Flanagan (links) en Tish Campbell (tweede van regs). Heel regs is die kompetisiesekretaris, Mariette Young.
Die dames het hul reenboogrokke wat die prys vir die bes geklede span gewen het. Van links verskyn Mariette Young, Daphne Faber en Rita Louw.
Roselie Horning en haar span van Sedgefieldrolbalklub was die naaswenners van die toernooi. Mariette Young (regs) het hulle pryse oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'