GEORGE NUUS - Met 'n uitstekende oorwinning oor Matopa Plumbers het Aces High dramaties van die 13de tot tweede plek op die punteleer opgeskuif in die Love for Vintage en Kommaweer Stoffeerders Rolballiga vir besigheidspanne wat deur die Outeniqua-rolbalklub aangebied word.
Kirsten & Tulleken Vervoer, wat weer vir Emtec geklop het, beklee steeds die eerste plek na die tweede ronde.
Nou kom hierdie twee spanne vanaand (Donderdag) teen mekaar te staan en die stryd gaan na verwagting vuurwarm wees.
Supporter en Skubbe, wat onderskeidelik vir Rawson Rollers en Die Ryp Piesangs verslaan het, kom teen mekaar te staan nadat hulle ook goeie vordering op die punteleer gemaak het.
Daar is egter nog 'n hele paar ander spanne wat met 'n goeie vertoning in die derde ronde hul kanse kan verbeter in die stryd om die kampioenskap.
Te oordeel na die groot aantal spanne wat reeds te kenne gegee het dat hulle vir die Somerliga, wat op 26 Oktober afskop wil inskryf, geniet almal die spel en samesyn. Voornemende deelnemers kan nou reeds meer inligting bekom deur Phillip Hattingh by 062 544 2233 te skakel of by die klub in te loer.
Alle belangstellendes is welkom om die wedstryde gratis by die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, by te woon. Die klub het ligte etes en 'n kontantkroeg beskikbaar.
Die wedstryde begin 18:00 stiptelik met die prysuitdeling wat rondom 20:00 plaasvind.
Span Mix n Match, wat vir die eerste keer aan die handelsiga deelneem, is tans in die 16de plek op die punteleer. Die spanlede is van links: Dries Herbst, Ettien Burger, Marius Lategan en Justin Raubenheimer.
Uitslae:
1 Kirsten & Tulleken Vervoer 26; 2 Aces High 24; 3 supporter 24; 4 Skubbe 23; 5 Butz & Gutz 23; 6 Butcher Boys 22; 7 The Privates 22; 8 Werkloos 18; 9 Kruger Internasionaal 17; 10 Bowling Stones 17; 11 Die Ryp Piesangs 17; 12 Kommaweer Stoffeerders 16; 13 Conti Kitchens 16; 14 Emtec 16; 15 Just Property 15; 16 Mix n Match 15; 17 Mend a Bath 15; 18 Split Happens 15; 19 Rawson Rollers 13; 20 4 Musketeers 11; 21 The Besociables 11; 22 Ricoh 9;
23 Conti Graniet 9; 24 Bruwer Reynolds Prokureurs 9; 25 Matopa Plumbers 8; 26 Angel's 5.
Wedstrydlys:
Supporter t Skubbe; KTV t Aces High; Butz & Gutz t Butcher Boys; Privates t Werkloos; Kruger Internasionaal t Bowling Stones; Die Ryp Piesangs t Kommaweer Stoffeerders; Conti Kitchens t Emtec; Just Property t Mix n Match; Mend a Bath t Split Happens; Rawson Rollers t 4 Musketeers; Besociables t Ricoh; Conti Graniet t Bruwer Reynolds Prokureurs; Matopa Plumbers t Angel's.
'Ons bring jou die nuutst George, Tuinroete nuus'