Gallery Sponsored Content Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die 36ONE Challenge, wat ook een Suid-Afrika se mees verwagte bergfietswedrenne is, spring eersdaags vanaf 17 tot 19 Mei by Kleinplaas-vakansieoord weg. Die uitdagende sirkelroete wat 360° om Oudtshoorn beslaan en 361 km lank is, neem deelnemers 36,1 uur om te voltooi.
Registrasie vir hierdie wedren sal Vrydagoggend vanaf 10:00 tot 16:00 by Kleinplaas-vakansieoord plaas vind waarna deelnemers om 18:00 dieselfde dag weggespring en deur die nag sal ry.
Beamptes sal regdeur die wedren teenwoordig wees om deelnemers te waarsku teen verkeer, maar elke ryer sal verantwoordelik wees om verkeersreëls te alle tye te gehoorsaam. Elke ryer sal ook voorsien word van drie resieshouer wat vervoer sal word na die drie onderskeie besoekpunte. By dié besoekpunte sal vars vrugte, Coca-Cola en energiedrankies en 'n heerlike warm bord kos beskikbaar wees. Geen ondersteuning buite die besoekpunte sal toegelaat word nie.
Vir die fietsryers wat nie kan sien om die 36ONE Challenge aan te pak nie is daar ook die opsie om in die halfwedren (180,5 km ) mee te ding. Deelnemers wat in die halfwedren gaan deelneem sal van net een resieshouer voorsien word by hul derde besoekpunt. Alle resieshouers moet ingehandig word tydens registrasie (Vrydag 17 Mei) tussen 12:00 en 16:00.
Groot kontantpryse wat wissel vanaf R10 000 tot R1 000 sal op die spel wees. Om in te skryf vir hierdie gewilde wedren kan u die webtuiste besoek, of vir Dryland Event Management by 044 279 1013 skakel.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'