SUID-KAAP NUUS - Twee SA rekords, asook agt byeenkomsrekords is Saterdag 3 Februarie tydens die 27ste DCAS/Highgate/groter Oudtshoorn interprovinsiale tweekampbyeenkoms op Oudtshoorn verbeter.
Sewe provinsies (WP, Boland, SWD, OP, Griekwas, Grens en Vrystaat) met 512 atlete van het mekaar die stryd aangesê.
Die spankompetisie is weer deur WP gewen met Boland tweede en SWD derde.
Drie swemmers het onder 'n minuut gedraai, met SWD se Gustav Schlechter in 'n skitterende tyd van 57,03. SWD spog ook met 12 medaljes en Ruben Gouws (seuns o.9) is as die junior victor ludorum aangewys.
SWD se medaljewenners
- Karli Lotter - meisies o.9, silwer
- Ruben Gouws - seuns o.9, goud
- Matthew van Coller - seuns o.13, goud
- Gustav Schlechter, seuns o.17, goud
- Lara Schlechter - meisies o.19, brons
- André Kleynhans - seuns o.19, silwer
- Chris van Wyk - veterane mans, goud
- Marius Schlechter - senior veterane mans, silwer
- Edie Lutsch - dames meesters, silwer
- Johan Windt - mans meesters, silwer
- Minke Janse van Rensburg - gestremd, goud
- Marlé van Wyk - gestremd, goud
Die pas uitgetrede voorsitter van SWD-tweekamp, Dave van der Walt is vereer vir dit wat hy vir tweekamp in Suid-Afrika gedoen het, maar in die besonder vir tweekamp en sport in die algemeen in SWD.
Hy is opgevolg deur Stephnie McKay.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'