Gallery
GEORGE NUUS - Elf plaaslike swemmers van Garden Route Swemskool het altesaam 32 medaljes in verskeie streeks- en nasionale swemkampioenskappe in Maart en April verower.
Twee swemmers het egter besondere prestasies in hul onderskeie afdelings vermag. Renier van Greunen is tans die vinnigste 15-jarige seun in die land vir die 50 m en 100 m borsslag. Hy het twee goue medaljes tydens die SA Nasionale Junior gala op 6 -11 April in Port Elisabeth verower.
Wido Rudolph (16) het op 26 tot 27 Maart aan die SA Skole gala in Gauteng deelgeneem en vyf medaljes gewen (goud vir 200 m aflos; silwer vir beide 50 m en 100 m borsslag; silwer vir aflos en brons vir 50 m vryslag).
FOTOGALERY: Garden Route Swemskool verower 32 medaljes
"Al my swemmers het uitstekend gevaar, ek is verskriklik trots op hulle almal. Dit was nog die beste prestasies wat leerders onder my leiding bereik het," sê hul afrigter, Franna Vorster.
Die Streeks Junior gala is 29 Maart tot 2 April in George gehou: Matthee Tindall (4 medaljes) Wido Rudolph (5 medaljes) en Billy Tindall (3 medaljes). Foto: Deidre Cloete
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'